Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "treinkaartjie, kalkbaai" deur CHARL DURAND
"treinkaartjie, kalkbaai" deur CHARL DURAND [boodskap #34906] Do, 28 September 2000 00:15
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

treinkaartjie, kalkbaai
Charl Durand

ek doen trainspotting op kalkbaai stasie. daar's 'n ou wat kitaar speel
in
die subway vir amper niemand nie. hey mr tambourine man dit weerklink
tot
binne-in die trein. iemand het oor die
assebief-dra-tog-'n-kondoombordjie
geskryf in dik groen felt tip pen, motherfucker. dis vier rand veertig
tot
by vishoek en weer so terug, en as jy na vyf ry dan's dit verniet maar
watch
out, want dan ry jy waarskynlik saam met die dregs van die vlaktes wat
gewoonlik nie kan bekostig om eersteklas te ry nie en buitendien is
mamba
security reeds huistoe. op pad dink jy die seegolwe gaan lek-lek aan die

trein se linkerkant. die deur van die hokkie waar die toilet nie meer is
nie
klap oop en toe elke keer as die trein op 'n stasie stop. op vishoek
doen 'n
vrou perms vir 45 rand waar die wagkamer eers was. toe ek uitklim sien
ek my
trok is mooi toegedraai in graffiti soos 'n persentjie helderkleurig in
dulux extra cover, mojo says war sucks en oppas vir die wild boys. toe
ek
uit die stasie stap sien ek die visstert by die man se toksak uitsteek,
het
lanie tog nie vier rand veertig nie, vir retreat se trein, maar ek ken
jou
eufemismes, retreat in jou black label, back into your rootlessness.
Vorige onderwerp: Re: "treinkaartjie, kalkbaai" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Re: "Vier Gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 07:20:54 MGT 2024